My mede Suid-Afrikaners steek orals goed aan die brand in Pretoria. Goeie Pretorianer-Suid-Afrikaner wat ek is, kyk ek toe ook maar rond vir iets om aan die brand te steek.
Gewapen met 'n boksie Lion mtjies, bekyk ek my 17-jaar oue motor so... en besluit toe, nee wat, dalk sal ek eendag weer 'n ordentlike werk kry - en dan soontoe moet ry met die ou kar.
Ek soek na Midnight Oil se "Beds are burning" video op YouTube, bekyk my huurplek so... en besluit toe, nee wat, ek gaan vanaand dalk eerder binne, as buite die plek wil slaap. Dit raak effe koelerig in die aande.
Al is my yskas dolleeg, steek ek toe maar 'n stuk koerantpapier aan die brand in die braaier. Daar's niks om te braai nie - maar ek voel darem ek het nou ook my deel bygedra.
Het jy al jou deel gedoen, en iets aan die brand gesteek vandag?
You must be logged in to post on this forum. Basic Membership is free and it only
takes a minute to sign up. Alternatively, if you are already a member, please
log in. You will be automatically returned to this page.