Navigation
Tanya
Tanya - Hahahaha!!!! Maandag grappie!!
Hahahaha!!!! Maandag grappie!!
Advertiser
Joined:
11 Mar 2016
Posts to Date: 1416
  View Profile  
Posted: 2017-10-23 10:21:21

Boeta is op universiteit en ontmoet 'n girl wat hy graag aan sy ma-hulle op die plaas wil gaan voorstel.

Boeta is bietjie skamerig vir hoe dinge op die plaas is, en skryf toe vir sy pa 'n brief van 'n paar dingetjies wat hulle asseblief tog net moet regstel voor hulle gaan kuier.

"Daar is drie dinge wat pa-hulle tog moet regsien voor ek vir Sannie plaas toe kan vat.

Boela is al baie oud en blind en vol vlooie en hy stink. Julle moet asseblief vir Boela uitsit. Dan, daai buite-toilet moet julle asseblief afbreek. Dit is nou die moderne tyd. Mense het deesdae badkamers met toilette binne-in die huis. En die laaste ding - daai foto in die voorhuis van waar pa sit en ma staan moet julle asseblief verwyder. Deesdae staan die man en die vrou sit wanneer fotos geneem word."

Die pa stuur toe die volgende brief terug:

"Boeta, toe jy vyf jaar oud was, toe val jy in die dam en Boela het jou gered. So Boela bly. Dan, daai buite-toilet is waar ek elke oggend gaan sit en na die boerdery kyk en planne maak, en dit is wat jou op die universiteit hou. So die buite-toilet bly. En laastens. Daai foto van waar pa sit en ma staan is op ons honeymoon geneem. Pa kon nie meer staan nie en ma kon nie meer sit nie en dis waar jy vandaan kom!" PUNT.

Mooi daggie vir almal!

Xxxx
[deleted]
[deleted] - Re: Hahahaha!!!! Maandag grappie!!
Re: Hahahaha!!!! Maandag grappie!!
More than 100 posts
Posted: 2017-10-23 10:36:01

Dis nou a span wat kon Naai! Dankie vir die grapie!
[deleted]
[deleted] - Re: Hahahaha!!!! Maandag grappie!!
Re: Hahahaha!!!! Maandag grappie!!
More than 100 posts
Posted: 2017-10-23 11:05:47

Laat my dink aan die jongman wat die boer se dogter in die ander tyd gesit het. Tweetjies gaan toe plaas toe om die nuus oor te dra. Vroegoggend loop die knaap saam met die oom op die werf rond en sien al die voertuie is Toyotas. Jong man se "Lyk my oom hou van Toyotas". Die oom se " Ja, hulle is baie betroubaar en start elke keer". Jong man: "Dan is oom se dogter seker ook 'n Toyota want ek het haar net so liggies gestoot toe vat sy"
Tanya
Tanya - Re: Hahahaha!!!! Maandag grappie!!
Re: Hahahaha!!!! Maandag grappie!!
Advertiser
Joined:
11 Mar 2016
Posts to Date: 1418
  View Profile  
Posted: 2017-10-23 11:56:47

Hahaha! Goeie een @Gent101!!

Reply

You must be logged in to post on this forum. Basic Membership is free and it only takes a minute to sign up. Alternatively, if you are already a member, please log in. You will be automatically returned to this page.

Legend


Hover mouse over icons for description

Back to Previous Page
For the best browsing experience, rotate your tablet horizontal.